RUGBY
Hoërskool Ficksburg beleef ‘n goeie jaar met rugby in 2023. Ons drie liga spanne, die onder 15, onder 16 en eerstespan vaar almal goed in hulle afsonderlike ligas.
Willie van den Berg, HW Serfontein and Seth Holiday from the under 15 team were all included in the under 14 Country Districts Griffons team. It is therefore no suprise that the under 15 rugby team reached the finals of their league.
Die onder 16 rugbyspan wen die Oos-Vrystaat plattelandfinaal teen New Horizon Harrismith en bevat ook ‘n aantal spelers wat in provinsiale spanne opgeneem is. Lerato Makibi word in die onder 16 Griffons Platteland span opgeneem en Boela Bezuidenhout, Oratile Shata, Ruben de Bruin en Thato Tsilo speel almal in die onder 16 Oos-Vrystaat span.
The first rugby team of 2023 had a very successful pre-season run, winning two of their three games with a narrow loss against HTS Louis Botha in Brandford. They went on to win all their games in the league, beat Senekal in the semi-finals and then unfortunately lost in the final against Vrede, in Vrede.
Tien van die 23 eerstespanspelers word in provinsiale spanne en uitnodigingspanne opgeneem. Ernest Makhele speel vir die Griffons Plattelandspan. Juandrè Steenkamp, Thato Chaka, Lefa Lehalehale, Robert Ntholi en Khotso POtloane speel in die Oos-Vrystaat onder 19 span. Heimerich Meyer, Thabo Mafane, Lebo Lehohla en Bokamoso Kgang speel vir die stedelike Barbariansspan.
Mnr. Venter, die onder 15 rugby afrigter is ook gekies om die onder 19 Oos-Vrystaatspan af te rig.
The rugby year ended on a high note with two under 15 teams and one under 17 team competing in an exciting sevens rugby tournament in Senekal. The under 15A team played the final of the tournament, suffering a narrow defeat to Senekal. The under 15B team lost in the final against Ladybrand’s under 15A team.
Dit was ‘n goeie rugby jaar vir ons. Ons is dankbaar vir elke speler, ouer , ondersteuner, borg (hoofsaaklik OVK) en die afrigters: Mnre. Venter, Jonck, Hanekom, Pelser, Swanepoel, Thuysman en Boshoff vir julle harde werk en opofferings.
We look forward to what the rugby season of 2024 holds.
NETBAL
Wanneer daar gekyk word na die hoogtes wat deur die netbal van Hoërskool Ficksburg bereik word, is dit duidelik dat die afrigters die spelers op die hande dra om sodoende te verseker dat hulle hul volle potensiaal bereik. Die spelers het deur die loop van die seisoen hul heel beste gegee en die spel wat hulle gelewer het, was van hoogstaande gehalte.
Ons is baie dankbaar teenoor mev. Viljoen wat ons bygestaan het in die afrigting van ons eerste en tweede spanne.
Four of our players were chosen for the Thepa Trading Eastern Free State team: A. Saayman, M. Engelbrecht, M. Andrews and G. Msimanga. M. Mohapi was chosen for the Free State Netball team for the second year in a row. This is indeed a proud achievement.
Our first netball team played in the final of the Eastern Free State B league and was victorious! They also competed for the B league Free State Cup, but unfortunately ended second in the Free State! We are very proud of these girls and coaches!
HOKKIE
Ficksburg High School’s hockey season was truly blessed in 2019!
To kickstart the season, our first team participated in the Fichardpark sport day and they held a carwash fundraiser for their tour to a hockey clinic in Potchefstroom at the NWU during the March holiday. There they received top quality training in skills, games and team building to prepare for the hockey season.
Both our hockey teams participated in the Eastern Free State Platteland league. Our second team did very well and reached the semi-finals against Vrede. Our first team played excellently in the league and are the 2019 league winners! With hard work and dedication, anything is possible.
Thank you to Stans for the sponsor of the first team’s tour shirt.
SOCCER
In 2018 soccer season began with a lot of changes from the previous year’s team. The main focus was the Senekal tournament. Ficksburg dominated the tournament and walked away victorious.
TENNIS
Tennis at Ficksburg High School is still very healthy. We had two girls and three boys’ teams competing in the various Eastern Free State leagues.
Ons spanne vaar baie goed in die liga veral as mens in ag neem dat hulle teen skole soos Witteberg en Voortrekker moet kompeteer.
Die eerste en tweede span dogters eindig twee in hulle liga.
Naledi Motoai was selected for the Free State Tennis Team.
Daar was ook vyf van ons spelers in die Oos-Vrystaat Tennisspan: Yocké Barnard, Marelie Bester, Cindy O’Connor, Mathew Turner en Oliver Read.
Mev. Eksteen dien as Voorsitter van die Oos-Vrystaat Skole Tennis. Baie dankie aan ons borg, OVK. Die spelers lyk baie goed in hulle tennisklere.
DANS
Gedurende die jaar was die dansers besonder besig om hulle vernuf op die dansvloer te toon.
Die danskalender volg nie die skoolkalender nie en baie kompetisies vind gedurende die November en Desember-skoolvakansies plaas.
In November 2017 het Xaneli Roux ’n eerste plek by die SA Kampioen–skappe in die Intermediëre-afdeling behaal. Sy het ook die Wêreldkampioen-skappe in San Fransisco in Ame–rika bygewoon waar sy ’n derde plek in die Intermediëre-afdeling behaal het.
At the 2018 SA Championships Michaela Phoenix placed first in the Novice Youth category while Lebo placed second in the Novice Teen category and Meagan Andrews placed fourth in the category for Teen Newcomers.
Our dancers participated in the District Championships in Mpumalanga and did extremely well. Danielle Brown was included in the provincial dancing team.
ATLETIEK
Atletiek is een van die sportsoorte wat Hoërskool Ficksburg op ‘n baie hoë vlak aanbied en in presteer. Atletiek is ‘n sport wat deursettings- vermoë, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en karakter in leerders vaslê. Eienskappe wat op die pad vorentoe vir ‘n kind uiters noodsaaklik is om suksevol te wees.
Atletiek bereik nuwe hoogtes onder leiding van mnr. A. Bekker. Mnr. Bekker het sy Bsc Hons in Sportwetenskap aan die Universiteit van Potchefstroom verwerf. Nie net het hy die nodige kennis nie, maar ook die ervaring van nasionale deelname aan Atletiek.
Afrigting in al die onderskeie items is beskikbaar by die skool. Die afrigters in die onderskeie items is goed opgelei en is bekend in atletiekkringe. Daar word gereeld atletiekkampe deur mnr. en mev. Bekker aangebied waar ons atlete se vaardighede in verskeie items geslyp word. Die resultate spreek vanself.
Hoërskool Ficksburg blink jaarliks op die Graanveld-byeenkoms uit en ons atlete ontvang komplimente vir hulle prestasies op die baan en veld maar veral vir hulle onberispelike gedrag.
Tydens die TBM Kampioenskappe palm ons atlete 20 medaljes in: 4 goud, 10 silwer en 6 brons. Dit is voorwaar ‘n merkwaardige prestasie as die kompetisie teen wie ons atlete moes deelneem, in ag geneem word.
The Inter-High Athletics meeting is one of the highlights on the annual sports calendar and once again our athletes made sure that we were noticed. Our athletes performed extremely well and achieved memorable results.
“Always make a total effort even when the odds are against you” – Arnold Palmer
AIR RIFLE SHOOTING
Air rifle target shooting is once again offered as an extramural activity at Ficksburg High School.
Shooting is conducted in three positions: prone, standing and kneeling. Targets are 10m from the shot and all shooting is done indoors. Achieving scores well above 500/600 is not easy.
Prize shoots are held in Ficksburg, where the best five shots are chosen to attend prize shoots in Bloemfontein.
DOGTERSKRIEKET
‘n Groot gunsteling onder die dogters! Ons dogterskrieketspan word deur mev. H. Kotze met die hulp van mnr. N. Humphreys, afgerig.
Ons krieketseisoen begin eers aan die einde van die derde kwartaal. 2019 was ‘n opwindende seisoen vir dogterskrieket!
Our girls’ passion for this sport is contagious! Well done!
Thank you to Mr. Neil Humphreys for his time and knowledge as he assists us with the coaching.
SEUNSKRIEKET
Hoërskool Ficksburg het sewe spelers wat vir die Oos-Vrystaatspan gekies is. Humphrey van Niekerk het die TBM o/17-span by die VKB-week verteenwoordig en AJ Botha het die o/15 Barbarianspan gehaal.
Mnre. Johan Hanekom en Raoull du Toit is ook as afrigters vir verskeie TBM-spanne aangestel.
Die eerste krieketspan het talle wedstryde gewen maar mis ongelukkig die finaal met ’n enkele ligapunt. Die tweede span het al hulle wedstryde gewen en wen so ook die tweede span-liga. Die o/15 span behaal gemengde welslae.
Vir die komende seisoen is mnr. Jakes Swanepoel gekies as TBM o/15 Barbarian afrigter en mnr. Johan Hanekom is op die TBM-bestuur verkies.
LANDLOOP
Die landloopseisoen was weereens ‘n hoogtepunt vir ons atlete. Atlete oefen reg deur die jaar om te sorg dat hulle fiks en gereed vir wedlope is. Hierdie atlete neem ook almal aan ander atletiek-items deel.
Tydens die ASA Oos-Vrystaatlandloopkampioenskappe verwerf beide Marelie Bester en Lilitha Cengani ‘n goue medalje in hul onderskeie ouderdomsgroepe. Voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.
Lilitha also represented our school at the SASA Eastern Free State Cross Country Championship and won a bronze medal.
We are very proud of our cross-country athletes and wish them the best for the next season.
GHOLF
Ons gholfspan het ‘n goeie seisoen agter die rug.
We had one team playing in the league this year and they ended second.
Mev. Eksteen dien as Voorsitter van die Oos-Vrystaat skole gholf en is ‘n aanwins vir die gholfspan van Hoërskool Ficskburg.
Ons ander afrigter, mnr. Gert Pelser is ook vir twee agtereenvolgende jare as die klubkampioen van die Ficksburg Gholfklub gekroon.
Baie dankie aan Ficksburg Gholfklub wat die leerlinge teen ‘n baie bekostigbare bedrag op hulle baan laat speel. Dit word opreg waardeer.
FIETSRY
The cycling team of Ficksburg High School once again had an excellent season!
Die fietsryspan het weereens aan die jaarlikse Vrystaat Spurreeks Fietsrykompetisie deelgeneem wat op 13 Julie 2019 in Bothaville afgeskop het. Daarna het hulle ook aan wedrenne in Bloemfontein en Zastron onderskeidelik, deelgeneem. The competition ended on 31 August 2019 with the last race taking place in Bethlehem. Overall, the cycling team obtained a third place in the Free State Spur Series Cycling Competition.
As a result, these talented cyclists represented Ficksburg High School at the National Spur Series Cycling competition on 27 and 28 September 2019 in Brits. The team consisted of 5 cyclists: Camelius van der Riet, Thys van der Riet, Cornel Venter, Johan Claassen and Mauritz Kotze.
Fietsryers wat in besonder uitgeblink het in 2019, is Camelius van der Riet, die leier van die O/18 fietsryers. Hy het ‘n algemene eerste plek in die Vrystaat Spurreeks behaal en het vanjaar die Suid-Afrikaanse Fietsryspan in Namibië verteenwoordig. Thys van der Riet het ‘n algehele derde plek behaal in sy ouderdomsgroep in die Vrystaat Spurreeks. Camelius en Thys van der Riet is albei in die Vrystaat fietsryspan ingesluit.
The cycling team of Ficksburg High School acts as inspiring ambassadors – for the school, but also for our province and country.